Botswana

view in chronological order


Jaco
Jaco

Gister gekamp by Kubu Island, 'n groot klipperige koppie in die middel van 'n reuse pan. Maar wat dit spesiaal maak is al die baobab bome wat daarop staan. Dit is glo honderde jare gelede as 'n heilige area gereken waar inisiasie- en ander rituele uitgevoer is. Ons is nou by Gweta.

Jaco
Ons gaan nou vertrek van die Makumutu Campsite net buite Orapa. Ontbyt was French Toast. Mik nou na Kubu Island.
Jaco
'n Nuuskierige kardinaalspeg loer vanoggend uit om vas te stel waarom daar so 'n geraas buite sy voordeur is. Die hele buurt se voëls het kom water drink.
Jaco
Ons tweede kampterrein in CKGR naby Deception Pan.
Jaco
Hierdie tarentale het vanoggend heel rumoerig uit Caro se waterbak kom drink.
Jaco
Ons het regtig honderde gompoue gesien in die park. En net soveel korhane. Sekerlik kom hulle nêrens anders in Suidelike Afrika só volop voor nie.
Jaco
Ons was ook gelukkig om sekretarisvoëls drie keer op een dag te sien.
Jaco
Van al die honderde gemsbokke wat ons die afgelope paar weke gesien het, het hierdie een dit reggekry om 'n unieke indruk te wek.
Jaco
Daar was ook 'n klomp aasvoëls (witrug- en swart-), witborskraaie, geelbekwoue en 'n gebande sperwer by die watergat.
Jaco
Die hoogtepunt van Jaco se dag was om hierdie berghaan (bateleur) te sien.
Jaco
Hulle hou ook daarvan om in die modder te rol.
Jaco
By die watergat langs Piper Pan het hierdie klomp blouwildebeeste soos Satan se kudde uit die stof opgedoem.
Jaco
Ons het die aand 'n lekker steak gebraai wat groot genoeg was vir al drie van ons.
Jaco
Hugo betrag die vriendelike duikertjie wat ons welkom geheet het by ons eerste kampterrein in CKGR.
Jaco
In hierdie foto: 'n volstruis, olifante, swartaasvoël, jakkals, sandpatrys en namakwaduif in vlug.
Jaco
Die jakkalse trippel heel rustig tussen die olifante rond.
Jaco
Drie mooi koedoebulle wat saam met die olifante kom water drink het.
Jaco
Nog 'n foto van die jagluiperd wat ons gesien het in CKGR (Central Kalahari Game Reserve). Toe ons uitry het die beampte gesê ons is die eerste mense in vyf dae wat 'n groot kat sien in die park.
Caro Minnaar


view other blogs