Botswana

view in chronological order


Jaco
Visarend en olifant in Khwai. Beide is volop daar.
Hugo Minnaar
Ons braai vir oulaas 'n bekostigbare Botswana steak.
Hugo Minnaar
Hugo Minnaar
Die spray painted starter komponente
Hugo Minnaar

Na twee dae wat bakkie nie wou vat nie is dit uiteindelik weer gefix. Die battery is eers deurnag geherlaai, maar dit alleen was nie die probleem nie. Die starter se 'bearing' was uitgewerk en die 'bushings' opgeskaaf. Taurus batteries in Maun het ons vinnig (3 ure) uitgehelp en kon die nodige parte vervang en sommer die hele starter skoongemaak en geverf.

Hugo Minnaar
Caro bekyk die natuurlik riet wat as strooitjie bedien word saam met yskoffie by The Tshilli Community Farmstall
Caro Minnaar
En so verlaat The-Yak die 2 Monkeys. Jou braai skills, voëlkyk entusiasme, vroeg oggend tee en hulp met die tent opslaan gaan gemis word. Dankie vir jou bydrae tot 'n lekker Botswana trip.
Caro Minnaar
Pizza in Maun
Hugo Minnaar
Wasgoed dag.
Caro Minnaar

Die detour, veilige pad, droë pad, pad waarvan Susan skynbaar nie geweet het nie was skaars 1 km terug.

Susan het in die proses in die water ingeval. Ons dink dis omdat sy so skuldig gevoel het dat sy ons op die road less traveled gevat het. Na 'n aand in 'n sakkie rys het Susan weer die volgende oggend aangegaan met die vorige dag se gebeure lankal vergete.

Caro Minnaar
Jaco het soos 'n oorwinnaar gevoel oor die stroompie wat oomblikke tevore ons almal baie angstig gehad het.
Caro Minnaar
Ons het toe nog 'n uur spandeer om die ergste water skade vas te stel. Jaco se foon het in die slag beland. Ons gespartel het ook die trop olifante die bosse in laat vlug.
Caro Minnaar
Sandtracks is ingespan, air jack is ingespan tot ons braaihout is later gebruik maar die bakkie wou nie beweeg nie. Die water trok wat so uur later daar opgedaag het, het tot ons redding gekom.
Caro Minnaar
Die werklikheid het ons soos koue water in die gesig getref. Na die omgewing goed uitgekyk is het ons dit uit die kar gewaag en met die reddingspoging begin.
Caro Minnaar
Die water het dadelik by die deur begin in borrel.
Caro Minnaar
En toe ons weer sien gaan staan ons wiel diep in die olifante se badwater.
Caro Minnaar
Hierdie foto is Vrydag, oppad na Khwai geneem. Ons het Susan (GPS) sonder twyfel gevolg. Ons volle aandag was by die olifante en niemand het eers 2 keer na die stroompie in die pad gekyk nie.
Caro Minnaar
Hugo kyk na 'n die water waardeur ons moet ry
Caro Minnaar
Die klein olifantjies gaan heeltemal onder die water in wanneer hulle die riviere oorsteek
Caro Minnaar
Splish splash I was taking a bath.


view other blogs