Botswana

view newest entries first


Caro Minnaar
En so verlaat The-Yak die 2 Monkeys. Jou braai skills, voëlkyk entusiasme, vroeg oggend tee en hulp met die tent opslaan gaan gemis word. Dankie vir jou bydrae tot 'n lekker Botswana trip.
Hugo Minnaar
Caro bekyk die natuurlik riet wat as strooitjie bedien word saam met yskoffie by The Tshilli Community Farmstall
Hugo Minnaar

Na twee dae wat bakkie nie wou vat nie is dit uiteindelik weer gefix. Die battery is eers deurnag geherlaai, maar dit alleen was nie die probleem nie. Die starter se 'bearing' was uitgewerk en die 'bushings' opgeskaaf. Taurus batteries in Maun het ons vinnig (3 ure) uitgehelp en kon die nodige parte vervang en sommer die hele starter skoongemaak en geverf.

Hugo Minnaar
Die spray painted starter komponente
Hugo Minnaar
Hugo Minnaar
Ons braai vir oulaas 'n bekostigbare Botswana steak.
Jaco
Visarend en olifant in Khwai. Beide is volop daar.
Jaco
Grootlangtoon (Jacana). Nog 'n voël wat volop is in die Khwai.
Jaco
Ons het van die skaars lelkraanvoëls gesien.
Jaco
Waterdikkop.
Jaco
Ander toeriste het Makoro-reise in die rivier gedoen. Dit lyk nogal ontspannend. Die gidse kry nogal verbasend baie spoed met die houtstokke.
Jaco
'n Kameelperd wat water drink lyk altyd aardig.
Jaco
'n Fotogeniese waterbok.
Jaco
Saalbekooievaar.
Jaco
Ons het so 'n paar kilometer geroofkyk in die Chobe reservaat en is toe beloon met 'n kameelperdkarkas waaraan die krokodille gevreet het.
Jaco
Die water vloei nie elke jaar op dieselfde plekke nie. Ons het weer 'n bloutjie geloop met Susan wat ons deur die middel van die moeras wou lei.
Hugo Minnaar
Hugo Minnaar
Pannekoek vir aandete by Guma. Het ook oorskiet ingepak vir piekniek in Mahango die volgende dag.
Hugo Minnaar
Konvooi van 11 G-wagons van Duitsland, by die Mohembo grenspos.
Hugo Minnaar

Daar twee nuwe foto albums by twomonkeys.in/botswana



view other blogs